Phil Collins

Phil Collins
Collins in 2007
Agtergrondinligting
GeboortenaamPhilip David Charles Collins
Gebore30 Januarie 1951 (1951-01-30)
Chiswick, Hounslow, Middlesex, Brittanje
GenresRock, pop, jazz
Beroep(e)Sanger, akteur
InstrumenteStem, tromme, klavier, trompet
Jare aktief1972-
AssosiasiesGenesis
Flaming Youth
Brand X
Webwerfwww.philcollins.com Edit this at Wikidata

Phillip David Charles „Phil“ Collins (gebore 30 Januarie 1951) is ’n Britse rocksanger en musiekvervaardiger. Hy was die tromspeler van die rockgroep Genesis en het die hoofsanger geword nadat Peter Gabriel die groep verlaat het. As lid van Genesis was hy 'n suksesvolle solosanger, en so ook nadat hy die groep verlaat het. Onder sy treffers tel "In the Air Tonight", "You Can’t Hurry Love" en "Easy Lover".[1]

Collins se bekendste album is No Jacket Required, waarvan meer as tien miljoen eksemplare in die Verenigde State verkoop is. Daar is lank bespiegel dat die liedjie "In the Air Tonight" oor 'n verdrinking wat hy meegemaak het handel. Collins het ook in die fliek Buster (1988) gespeel.

Vir sy liedjie "You'll Be in My Heart" is hy met 'n Oscar en 'n Golden Globe bekroon. Die liedjie is in die fliek Tarzan (1999) gebruik.[2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Awards for Phil Collins". Internet Movie Database (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2018. Besoek op 22 Julie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne